
Ons droom: Hernu jou passie vir God!
Onthou jy toe jy verlief was? Het jy onlangs 'n verliefde tiener met 'n selfoon beleef? Daar is geen manier waarop
hul enige whatsapp - veral nie die vanaf 'n spesiale persoon - sommer sal ignoreer nie. Nee, dadelik moet hul sien
wat gestuur of gesê word. Het ek en jy nog daardie amper vurige verwagting om te hoor wat God sê en op Sy stem te
reageer? Daarom ons droom: mag ons in elke aktiwiteit of saamwees weer ons passie vir God hernu.
Wie is ons? Ons is vroue vanuit die gemeente Voorsitter: Dossie Nortje Onder-Voorsitter: Roenel van Rooyen Finansies: Marlene Postma Sekretaresse: Anita Esterhuizen Ander lede: alle gemeentevroue |
Wat doen ons? Ons ondersteun die volgende instansies finansieel en met raad en daad: Louisa Meyburgh, MTR Smit Kinderoord en Quad Huis. Ons reik uit en bedien ons bejaardes. Ons reël vrouekampe en retraites. |
Hoe kan jy by ons inskakel? Ons gemeentevroue is geseën met vele talente en gawes en ek vertrou dat jy jou gawe wil kom aanwend tot eer van God. Skakel gerus enige bestuurslid en kom leef jou roeping uit! Kontak gerus vir Dossie Nortje 082 957 6084 |
Wil jy saam kom groei en dien? Word deel van ons aktiwiteite! Bid en besluit waar jy betrokke wil raak.
Indien jy nog voorstelle het - kontak ons gerus.
Beloved Series - Wat 'n voorreg om weer, binne die Covid-regulasies, as dames van Kraggakamma Gemeente saam te kuier. Dankie aan Dossie en haar span dames wat alles reggekry en gereël het. Baie dankie aan Susan Smith en Ellenor Lotter wat hulle gawes en passies met ons kom deel het. Mag elkeen van ons besef hoe kosbaar ons werklik vir die Here is en mag die reis saam met Hom jou inspireer tot meer.






