Kraggakamma Kermis 2014


Kermis: Lofprysings- en Aanbiddingsdiens in Die Tent

Vrydagaand 20 Junie om 18.30 vir 19.00 word 'n Lofprysings- en Aanbiddingsdiens ( Praise and Worship) in die tent as deel van die KERMIS gehou. Almal word uitgenooi om hierin te kom deel.

Kontak asb vir Frans Krause (Frans.Krause@psg.co.za) of Maritia Stroebel (0836526917) vir meer inligting.

EN SO VAN DIE TENT GEPRAAT…. Ons beplan om weer die "stretch Tent" vir die duur van die kermis in die vierkant te span. Hierdie tent gaan weer eens bydra tot n feestelike, intieme, gemeensame en gesellige atmosfeer.

Almal wat verlede jaar daar was, kan saampraat: dit het 'n groot verskil gemaak! Ons beplan om - soos verlede jaar - tafels onder die tent te pak waar die mense lekker kan ontspan terwyl hulle musiek luister, iets te ete geniet, lekker kuier of al drie! Die 'stretch tent' is magic; soos die kinders sal sê. Dit is vir ons belangrik dat daar 'n beskutte plek is waar almal kan saam kuier - dit bevorder sommer terselfdertyd eenheid in die gemeente.

Werner het reeds die verskaffer van die "Stretch Tent" gekontak en die tent is klaar vir ons bespreek. Die kostes gaan min of meer dieselfde as verleder jaar wees. Ons kyk na so R10 000. Alle donasies wat ekstra bo dit inkom, gaan gebruik word om die ander tafels of stalletjies te seën en te help met die aankoop van produkte.

Soos verlede jaar sou ons graag wou hê dat 20 individue elk R500 bydra, maar besef dat dit nie vir almal moontlik is nie. ENIGE bedrag is dus welkom. Indien jy meer wil of kan gee, is jy natuurlik uiters welkom om dit te doen . Enige finansiële bydrae, sal opreg waardeer word. Kontak Danie Lategan (083 65 45 764) of Werner Strydom (083 321 3135) indien jy kan help.

Wat van 'n uitdaging aan al die Kleingroepe (sel-,bybelstudie- en omgeegroepe) om die tent-projek te ondersteun?! Die fondse wat met die Kermis ge-in word gaan immers vir die uitbreiding van die KONINKRYK.

[Ingestuur deur Cobus van der Vyver]


Kermis 2014: Donasiekaartjies

LET WEL: ONTHOU ASB ons kermis is verskuif van 7 Junie na 21 Junie - die datum op die kerkalmanak is dus nie korrek nie.

Een van die projekte wat ons loods, is om donasiekaartjies te verkoop. Ons noem die projek die "NG Gemeente Kraggakamma se Kermis Fondsinsamelings-projek". U moet 'n vraag beantwoord en almal wat die vraag reg beantwoord, kom dan deur middel van 'n gelukkige trekking in aanmerking om een van onderstaande pryse te wen. Dit is groot pryse wat hier ter sprake is. Die dienswerkers sal hierdie kaartjies vanaf 13 April in die wyke begin verkoop/versprei. Enige gemeentelid wat by die verkope van kaartjies betrokke wil raak, kan Cobus vd Vyver by 082 465 0765 kontak.

Ons vra u om asseblief hierdie projek te ondersteun. Die groot pryse wat verkry is, glo ek, is 'n duidelike bewys van die Here se seën op die projek.

Pryse:


1.Skootrekenaar - Lenovo G500 - waarde R 4500.00 - Geskenk deur Sercom Rekenaars

2. Tablet - Lenovo S600 - waarde R 4200.00 - Geskenk deur Servcom Rekenaars

3. Naweek vir 2 by Zuurberg Mountain Inn waarde R 3000.00 - Geborg deur Zuurberg Inn

4. Home Ect. Koop bewys R 1000.00 - Geborg deur Home Ect

5. Georgious Grill & Bistro - R 250.00 Geskenkbewys

6. Georgious Grill & Bistro - 5 x R 50.00 Geskenkbewyse.

Baie dankie almal. Bid as dat die Here ons Kermis sal seën
Cobus van der Vyver 082 4650765 041 360 3165 vdv_cobus@vodamail.co.za


Kraggakamma Kermis 2014 se 'Magic Tent'

Soos jy reeds weet, hou NGKerk Kraggakamma 21 Junie 2014 kermis.

Ons beplan om weer die "Stretch Tent" vir die duur van die kermis in die vierkant te span. Hierdie tent gaan weer eens bydra tot n feestelike, intieme, gemeensame en gesellige atmosfeer.

Almal wat verlede jaar daar was, kan saampraat: dit het 'n groot verskil gemaak! Ons beplan om - soos verlede jaar - tafels onder die tent te pak waar die mense lekker kan ontspan terwyl hulle musiek luister, iets te ete geniet, lekker kuier of al drie! Die 'stretch tent is magic', soos die kinders sal sê. Dit is vir ons belangrik dat daar 'n beskutte plek is waar almal saam kan kuier - dit bevorder sommer terselfdertyd eenheid in die gemeente.

Werner het reeds die verskaffer van die "Stretch Tent" gekontak en die tent is klaar vir ons bespreek. Die kostes gaan min of meer dieselfde as verleder jaar wees - ongeveer R10 000. Indien daar dan nog donasies beskikbaar is, sal dit gebruik word om die ander tafels of stalletjies te seën en te help met die aankoop van produkte.

Soos verlede jaar sou ons graag wou hê dat 20 individue elk R500 bydra, maar besef dat dit nie vir almal moontlik is nie. ENIGE bedrag is dus welkom. Indien jy meer wil of kan gee, is jy natuurlik uiters welkom om dit te doen. Enige finansiële bydrae sal opreg waardeer word.

Kontak: Danie Lategan 083 65 45 764 of Werner Strydom 083 321 3135
[Ingestuur deur Danie Lategan]


"Een van die die Gemeente Kraggakamma se kermisprojekte is kaartjies wat ons gaan verkoop waarop daar 'n baie maklike vragie voorkom. Deelnemers wat die vragie reg beantwoord kom dan in aanmerking vir 'n prystrekking waar baie groot en aantreklike pryse gewen kan word. Pryse soos rekenaars ens. is reeds beskikbaar. Verkoping van die kaartjies sal op die laatste vroeg in Mei begin en die trekking sal op die dag van die kermis plaasvind. Enigiemand wat graag pryse wil skenk of by die poging betrokke wil raak, kontak asb vir Christo van der Merwe.
Kontak besonderhede 0721322851 . E-pos abletrac@iafrica.com."

Ons kort nog konvenors vir die poedingtafel, speletjies, die etes en "breggybuns".

Die Witolifanttafel is al aan die werk . Kontak asseblief vir Madeleine tel. nommers is: 0413605077 en 0825839461 en Sarie is 0413604737 en 0828974637.

Cobus vd Vyver - 041 3603165 /0824650765
Pierre Rootman - 0413603359 /0829760848
Gert Harmse - 0413602142 / 0829066924
Harry Oberholzer - 0413607173 / 0732892895

MAAR DIE BELANGRIKSTE - BID ASB DAT DIE HERE HIERDIE PROJEK VAN DIE GEMEENTE SAL SEëN

Opwindende kersmisnuus: kaartjie-donasies

Christo vd Merwe reël 'n groot fondsinsamelingspoging vir ons Kermis. Dit sal bestaan uit 'n prystrekking waar baie groot en aantreklike pryse gewen kan word. Pryse soos byvoorbeeld rekenaars is reeds beskikbaar. Om vir so 'n prys in aanmerking te kom, moet jy kaartjies as 'n donasie koop. Verkoping van die kaartjies sal vroeg in Mei begin.

Enigiemand wat graag pryse wil skenk of by die poging betrokke wil raak, kontak asb vir Christo: 0721322851 of abletrac@iafrica.com.

[Ingestuur deur Cobus van der Vyver]


Ons voorlopige datum vir ons Kermis is 21ste Junie 2014. Om die dinge aan die rol te sit, het ek my weer beskikbaar gestel om as sameroeper op te tree. Dit is nie waar nie - DIE HERE het my oortuig dat ek my weer beskikbaar moet stel. Die Kerkraad moet dit natuurlik nog bevestig, maar kom ons begin solank.

• Daar is ook 'n gedagte om die Bybelgenootskap se Pretdraf by die Kermis te laat inskakel. Daar is 'n atletiekklub wat bereid is om ons met die reëlings te help.

• Ons soek natuurlik weer konvenors en ander helpers.

• 'n Lys wat aandui waar u verlede jaar gehelp het, is hier aangeheg. Sal u asb aandui of u weer bereid is om te help en ook waar. Ook sommer of u weet van ander wat sal wil help. Ook as u enige nuwe idees het, is u welkom om dit deur te gee.

• As ons die konvenorslys reg het, kan ons, die KERMISLYSTE na die gemeentelede laat uitgaan.

• Ek is jammer as ek dalk iemand se naam per abuis uitgelaat het.

DAN VRA EK U ALMAL OM ASB HIERDIE POGING AAN DIE HERE OP TE DRA. Ons moet nie vergeet hoe HY ons laasjaar geseën het nie.

JS van der Vyver (Cobus)

† Na bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.