Heb 10 vers 24-25: Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.
Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder
aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Kraggakamma se selgroepe is een van die bedieninge waar daar werklik Christenvriende gemaak kan word, vriende saam met wie ons Christus se liggaam op aarde kan wees vir ander.

Hierdie bediening streef om deur middel van dinamiese kleingroepe mekaar wedersyds op te bou en te ondersteun ten einde daagliks bruikbaar te wees in God se plan met die gemeente en elke individu. Daar is tans 16 selgroepe in die gemeente.
Bybelstudiegroepe: Kontak die kerkkantoor vir meer inligting. Daar is 8 Bybelstudiegroepe in die gemeente.
Dissipelskap-kursus: Kontakpersoon: Suzette Bosch 041 360 0182 en 082 320 2838
Gebedsgroepe: Gewoonlik die eerste Maandag van die maand om 19:00 by die kerkgebou.
Gebedskild-gebedsbediening kom elke Maandag van 12:45-14:00 in die gebedskamer bymekaar om te bid. Almal is welkom.

SELGROEPE
Selgroepe is lief vir God, mekaar en die wêreld.
By 'n selgroep kuier groeplede saam. Ons deel lief en leed en bid vir mekaar. Ons fokus op God in lofprysing en aanbidding en deur saam te gesels uit sy Woord. Selgroepe word aangemoedig om uit te reik en 'n verskil te maak in die wêreld. Ons praat van selgroepe omdat die ideaal is dat elke selgroep soos 'n sel sal groei en vermenigvuldig.

SELGROEPKOÖRDINEERDER
Elizma Harmse Selgroepe & Bybelstudiegroepe 083 940 5617
Frans Stapelberg Kraggakamma Mannebediening 082 773 6205


SELGROEPE       Notule van Selgroepleiers-vergadering op 25 Oktober 2023
Dag Tyd Wie is ons? Wie om te kontak...
Maandag 18:00 Kosmos Lecia Pienaar
072 394 3396
 
Maandag 19:15 Die Rose bestaan uit 'n paar gesinne en ook enkel persone. Hulle is almal oor die 50, maar baie jonk van gees. Almal is natuurliefhebbers. Andre Barnard
082 924 8762
 
Dinsdag 19:00 Die Voetspore bestaan enkele gesinne en het altyd plek vir nog. Die sellede is fiks en aktief en al klink dit of jy dalk 'n fiksheidstoets moet slaag, Is hulle eintlik gawe mense. Rian Viljoen
082 559 7648
 
Woensdag 18:30 Die Gazanias (Jong getroudes) Joukje le Roux
061 075 0405
  18:30 Die Vygies kom elke 2de Woensdag bymekaar Sonja Tait
084 904 9047
  19:00 Die Papawers is 9 Volwassenes tussen 40 en 60 jaar oud. 3 hoërskool kinders en 1 kind nog in die laerskool. Ons hou van saam kuier en omgee vir mekaar. Ons ondersteun 'n minderbevoorregte dogter van 18jaar en haar gesin. Gert Harmse
082 906 6924
gerth@feltex.co.za
  19:00 Die Madeliefies is Adams en Madeliefies is Adams en Evas met humor, iniigheid, jeugdigheid en altyd soekend voor God. Die res kan net so bly. PC van Rooyen
084 960 6289
 
  19:00 Die Tulpe selgroep gesinne en enkellopendes van so rondom die 50 jaar, maar in die gees so net duskant 21. Diep denkers en slim blondines maak deel uit van die sel. Marlene Postma
082 787 4030
marlene.postma@gmail.com
Donderdag 09:30 Die Welwitschia selgroep bestaan uit senior lidmate in die 60 - 70 jaar ouderdomsgroep. Ons verkies om in die oggend bymekaar te kom omdat ons nie graag saans wil uitgaan nie. Ons vergader Donderdae oggende vanaf 9.30 tot +/- 11.30, en ons roteer ons byeenkomste by die huise van ons lede. Rassie du Plessis
073 800 2962
rassie.duplessis@gmail.com
  19:00 Ons Azaleas dink saam, groei saam, leer saam, glo saam, bid saam, sing saam, kuier saam, lag saam en dra mekaar in Jesus Christus se Liefde. Jean-Mari Oberholzer
083 657 9194
harryjean@telkomsa.net
Sondagaande
1 x Maand
18:30 Clivias Ben Fourie
083 448 2137
fourie@biblesociety.co.za






BYBELSTUDIEGROEPE
Dag Tyd Kontak persoon Telefoon Selfoon
Dinsdag 14:00 Elizma Harmse 041 360 2142 of 083 940 5617
Dinsdag 20:00 Ben Fourie 083 448 2137
Woensdag 09:00 Myra Schmidt 041 360 2702 of 082 293 8985
Woensdag 09:30 Elna Thiart 041 360 2225 of 083 662 1774
Woensdag 16:00 Santjie van Niekerk 041 360 2672 of 084 457 0814
Woensdag 16:30 Laura Krause 041 364 2732

Dissipelskap
Die Dissipelskap Program is nie 'n kursus wat jy kan doen en afhandel nie, want dis 'n lewenswyse waar jy leer om by God antwoorde op jou vrae te kry. Die kuns van dissipelskap is dan ook juis dit: om te leer onderskei waarmee God besig is in jou lewe. By die verskillende retraites is dit moontlik om stil te word by God na gelang van jou behoefte.


† Na Bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.