Hebriërs 11 vers 3: Omdat ons glo,weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is.


Wie is ons?

Adele Saunders
Ons Mediasentrum

Ons Mediasentrum word gehuisves in 'n houtkas in die maalruimte waar ons tee drink. Die mediakas is oop vanafF 09h30 tot 10h00 tussen tandemdienste en van 10h00 tot 10h30 wanneer daar slegs een diens om 09h00 is. Dit is 'n uitgebreide bron van inligting oor 'n groot verskeidenheid van geestelike onderwerpe.
Hoe kan jy by ons inskakel?

Kontak gerus vir
Adele Saunders 072 333 2207

Ons soek dringend nog vrywilligers om beurte te maak om Sondae diens te doen in die Mediasentrum.

MEDIA BEKENDSTELLING POWERPOINT

NUUT IN DIE MEDIAKAS VIR 2018
* Kinders - Snowy deur Angus Buchan
* DVD - Amazing Grace & Unconditional

Inspirerende DVD's: Courageous, Facing the Giants, Fireproof, Simson het nie muscles nie.
Pragtige video's: The Jesus Film, The Visual Bible, Selfbeeld [Louis Malherbe] en Acts vol 1 - 4.
'n Groot verskeidenheid Kassette en CD's is ook beskikbaar.

Boeke kan vir een maand uitgeneem word en die DVDs kan vir 'n week uitgeneem word.
Geen boeke kan oor vakansietye uitgeneem word nie.
'n Verskeidenhied van fiksie en nie-fiksie boeke, DVDs, kinder- en tienerboeke is beskikbaar.

Dis hoofsaaklik volwassenes wat tans die Mediasentrum besoek.
Kinders en jongmense wat gewoonlik die eietydse dienste en kategese in die kerksaal bywoon, kan gerus ook 'n draai hier kom maak.
Ouers is baie welkom om vir hulle kleiner kinders boeke en DVD's te kom uitneem. Die Bybelbuddies-reeks is beskikbaar.
Fiksie-boeke is baie gewild - dis lekker en boonop verrykend om met 'n mooi geestelike boek te ontspan. Nooma is tans die gewildste DVD-reeks. Kleingroepe neem gereeld DVD's, soos byvoorbeeld Fireproof, uit. Eredienste op CD kan ook by die Mediasentrum bespreek word.

Voorbeelde van DVD's op die rak by die Mediasentrum:

Vir die volwassenes:
The Lost and Found Family uitgereik deur Affirm Films
Jimmy deur Robert Whitlow
Abel's Field uitgereik deur Curb Entertainment

Vir die kinders:
Van Max Lucado verskeie van die Hermie en vriende stories met 'n lewensles in elkeen opgesluit asook die pragtige Jy is Spesiaal,Jy is Myne.
As ek maar net 'n groen neus gehad het en Pinkenolsie.
Vir die seuntjies (en sussies wat van motors hou) van Auto B Good, Fruits of the Spirit en Faith Builders.
Media boeke
Voorbeelde van boeke by die Mediasentrum

Boeke vir kinders:
Oom Attie se slaaptydstories Deel 1-5
My Bybelvriende Deel 1-5

Vir die tieners:
Volg Jesus.com deur Petro du Plessis
Meer Tienerkrag van Walk Thru the Bible
The me I want to be deur John Ortberg
LIFE, a teen devotional deur Melody Carlson
Ek, die kruis en Christus deur Ewald van Rensburg
Media DVD

Publikasies vir ouers en kinders rondom die doop
Bybel-Media fokus op die doop deur middel van hierdie publikasies: Hier is kortliks iets oor elkeen van hierdie publikasies:

Leer klein kindertjies van die doop:
-Met jou doop R44,50 Hierdie geskenk- en leesboek is ideaal vir ouers met die doop van hulle kind(ers), asook vir ouers wat vir kleiner kinders van hulle doop wil vertel.
* Harde kartonboekie wat klein handjies kan weerstaan
* Eenvoudige teks wat God se verbintenis met ons en ons kinders met die doop verduidelik
* Kleurvolle illustrasies
* Vir voorlees en selflees (vir 4-8 jaar)
* Ideale geskenk wat kerkrade vir doopouers kan gee
* Gegrond in die gereformeerde tradisie
Met jou doop sê God vir jou "Jy word gedoop omdat jy aan God en sy familie behoort."

Bemagtig en inspireer ouers om gedoopte kinders groot te maak
Doop. Voorbereiding vir ouers R43,00 Hierdie werkboek is bedoel vir ouers wat hulleself wil voorberei met die oog op 'n betekenisvolle doopbediening aan hulle kinders en wat sal uitloop op 'n sinvolle en vrugbare geloofsopvoeding tuis.
* Kort maar omvattende kursus oor die inhoud en betekenis van die doop
* Gereformeerde siening van die kinderdoop
* Geleentheid vir ouers om hulle eie geloofsverhouding met God te bevestig
* Riglyne vir ouers oor die geloofsopvoeding van hulle kind(ers)

Gratis leiersgids vir groepleiers op Bybel-Media se webtuiste www.bybelmedia.co.za Indien u sou belangstel om hierdie publikasies te bestel, skakel gerus vir Monique of Laetitia by 0860 26 33 42 of 021 873 0822.

[Grens.Pos Jaargang 11 - Nommer 19 - 30 Mei 2013. Ingestuur deur Yvette Erasmus]



   

The Scarlet Thread deur Francine Rivers
Die verhaal van 2 vroue, wat in verskillende eeue afspeel, maar dieselfde vreugde en leed beleef. Hulle worstel met God, trauma en huweliksprobleme en vind uiteindelik hulle vrede in die teenwoordigheid van die van die EEN wat hulle onvoorwaardelik lief het. Francine Rivers se verhale het genoeg raakpunte met ons elke dag se lewe om ook die leser oor hul prioriteite en verhouding met God te laat besin.
Corene Botha

Redeeming Love/Verlos deur die Liefde deur Francine Rivers
Michael Hosea, 'n man na God se hart, ontmoet Angel, 'n beeldskone vrou met 'n donker verlede. God het hulle vir mekaar bestem en Michael se stryd om haar vertroue te wen het ook tot gevolg dat Angel besef die Here is die waarheid en Hy het haar onvoorwaardelik lief, ten spyte van haar verlede. Dit is 'n aangrypende verhaal van God se genade en vryspraak sonder verdienste.
Sunet Botha

'n Pa soos myne saamgestel deur Helene de Kock
Aan alle pa's: Hulle wat die hoeksteen van die gesin is

'n Pa is God se hande waarmee hy kinders in hierdie wêreld lei na volwassenheid. 'n Pa is iemand wat eerbaar is en altyd daar is om te lei, raad te gee en te sorg. Dit beteken dat kinders iets van God se Vader-wees in elke pa se lewe moet sien. Om die waarheid te sê is pa-wees 'n venster op God, 'n hoeksteen waarop baie kinders 'n beeld van hulle hemelse Vader bou.

Hier is baie pitkos vir almal wat hulle pa liefhet of wat graag 'n goeie pa wil wees. Daar is nie 'n beter tyd as nou om 'n pa te wees wat 'n verskil maak nie.
Uitgewer: CUM-boeke


Wanneer mans bid deur Johan Smit
Gebede, beloftes en bemoediging vir 'n mans elkedagse lewe

Die sogenaamde manswêreld is nie meer wat hy tien jaar terug was nie. Vandag is dit 'n omgewing wat gekenmerk word deur kompetisie, versoekings, werkdruk, finansiële druk en veral die verwarring rondom die man se eintlike rol in die samelewing. Niks is meer seker nie. Niks nie, behalwe God se Woord.

Hierdie boek is doelgerig en spesifiek saamgestel om mans te bemoedig. Dit is gevul met die wysheid van God in die vorm van teksverse en gebede wat verskeie aspekte van 'n man se lewe aanraak, onder andere die huwelik en gesin, sy werk en geloof, verhoudings en vriendskap. Dit laat die man opnuut fokus op die taak wat God van die begin af aan hom gegee het.
Uitgewer: CUM-boeke


Die man in die spieël deur Patrick M. Morley
24 Groot eise - mans genoeg om dit in die oë te kyk.

Hierdie inspirerende boek, geskryf deur 'n bekende leier onder Christenmans, nooi mans om noukeurig te kyk na hulle identiteit, verhoudings, geldsake, tyd, temperament en, die belangrikste van alles, hoe om blywende persoonlike verandering teweeg te bring.
As die eise van die lewe konstant druk op jou plaas om vinniger te hardloop en hoër te spring, is hierdie boek vir jou. Dit is ryk aan anekdotes, prikkelende vrae, Bybelse insig, en bevat fokusvrae by elke hoofstuk wat individueel of in groepe gebruik kan word. Dit bied 'n indringende, pragmatiese en lewensveranderende insig in hoe om die rotteresies te verruil vir die beloning van Goddelike man-wees.

"Nie-alledaagse wysheid, prikkelend, ontstellend, en uiters inspirerend" Dr. R. C. Sproul
Uitgewer: Lux Verbi

† Na bo †
© 2009-2023 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.