Witolien - Calodendrum capense

NGK TERREIN AREA 1 : OOS, LANGS PARKEERPLEKKE

       

WITOLIEN - Calodendrum capense

BESKRYWING: 'n Immergroen boom tot 10 meter hoog, met 'n baie vertakte kroon met neerhangende takke.
Bas van die hoekige, jong takke skubberig, maar gebars en skilfer af in lang stukke by die oorlangs gegroefde tot gedraaide stamme en ouer takke.
Blare teenoorgestaande en enkelvoudig, boonste oppervlak glad en donkergroen met gesonke are, onderkant ligkleurig, met digte stervormige skubbe, netvormige are prominent en syare vorm 'n lyn min of meer parallel aan die rand, rand glad en gewoonlik na binne gerol.
Blomme saam gedra in veelvertakte pluime tot 120 millimeter lank in oksels van boonste blare.
Vrug 'n doosvrug, 2 millimeter lank, effens langer as die blywende kelk.
Hout met 'n roomkleurige spinthout en donkerbruin kernhout, met 'n fyn grein, hard en swaar.

BLOMTYD: van Augustus tot Januarie.

VRUGVORMING: van September tot Maart.

VERSPREIDING: van Zimbabwe in die noorde tot die Wes-Kaap in die suide.

HABITAT: Groei in die meeste habitats behalwe woud. Baie algemeen in droë bladwisselende bosveld en lang waterlope

EKONOMIESE WAARDE: Die reguit stamme word vir heiningpale gebruik en die swaar, digte hout is uitstekende brandhout wat intense hitte afgee. Die witolien is geneig om na een of twee seisoene slordig en houtagtig te word. Daarom moet dit na die blomtyd redelik sterk teruggesnoei word om die volgende seisoen 'n netjiese, kompakte vorm te verseker.

ANDER GEBRUIKE: Skraapsels van die wortels word as purgeermiddel en braakmiddel geneem.

KWEKING: Word maklik van saad of steggies gekweek.

Uit: Benut ons Inheemse Bome - deur Fanie & Julye-Ann Venter

© 2009-2019 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.