Kraggakamma Kermis - 1ste Mei 2019




Lys van benodighede 2019
      Konvenors 2019       Kermis brief       Notule 27 Februarie 2019

Ons hou kermis!!
Kermis gaan oor saamwerk en -speel en ons grootste saamkuier van die jaar. Natuurlik gaan kermis ook oor fondinsameling. Ons begroot om R300 000 in te samel en gaan die bedrag net bereik as almal hul dankbaarheidsbydrae vir die Here maak.

WAT GAAN 2019 SE KERMIS LAAT WERK?
* Jou gebed
Bid asseblief getrou vir die Here se seën op die kermis.
* Jou betrokkenheid
Uit dankbaarheid vir ons verlossing, kan ons nie anders as om die Here te dien nie. Kom ons dien Hom saam met ons entoesiame en gawes. Merk op die meegaande lys by watter tafel jy/julle wil betrokke wees.
* Jou bydrae
Toon asseblief ook op die meegaande lys aan waar jy 'n bydrae wil lewer.
* Jou Finansiële bydraes is welkom.
Jy kan jou finansiële bydrae by jou dienswerker, kerkkantoor of elektronies inbetaal:
NG Kerk Kraggakamma; ABSA 1400590091; Tjek Rek; Tak 511 917; Verwysing: Kermis/Jou naam.
* Jou hulp met die verkoop van die kaartjies vir die trekking.
Elke besoekpunt ontvang 'n boekie met kaartjies wat jy asseblief moet verkoop. Indien jy 10 kaartjies verkoop, kan jy jou besonderhede gratis op die 11de kaartjie invul. Kontroleer of jou naam en besonderhede bo-aan die lys verskyn en gee die lys voor of op 31 Mei 2019 terug aan jou dienswerker of by die kerkkantoor.

Lekkergoedtafel
Ons is sommer vroeg opsoek na helpers en donasies, soos lekkergoed, blikkies kondensmelk, klein plastiek sakkies, jelly tots, marshmellows, ens. As ons 8 grootmense se hulp het; sal dit lekker maklik vlot hardloop met 4 spanne wat mekaar kan aflos.
Kontak gerus vir Ina Retief 083 473 4698. Ons kort asb mense wat sakkies kan versier

Witolifanttafel
Kontak gerus vir Jackie van Heerden 084 247 0933 of Zalita le Roux 082 878 8720.
Die witolifant tafel is nou reeds opsoek na al julle ou boeke, kinderspeelgoed of DVD's.
Daar sal 'n groot boks by die kerkkantoor wees gemerk "WITOLIFANTTAFEL" of kontak ons om groot goed by julle te kom haal.

Kermisspan: Frans Stapelberg 082 773 6205 / 041 360 4034 & Gert Harmse 041 360 2142 & Niekie Oosthuizen 082 561 8747

Lysie van tafels wat jy by betrokke kan raak.
Advertensie/Bemarking, Boere-worsrolle, Gebak, Kleinkoekies en beskuit, Groente, Hamburgers, Kontreitafel, Kerrie-en-rys, Koeldrank, Wynstalletjie, Jaffels, Vetkoek, Koffie Winkel en Teetuin, Lekkergoed, Musiek, Pannekoek, Poeding en Koekstruif, Potjiekos, Sosaties, Speletjies, Brekkie Buns/Ontbytbroodjies, Draai/Skroefaartappel, Varsvleis, biltong en droewors, Witolifant, Pretdraf, Roosterkoeke, Kompetisie/prystrekking.



† Na bo †
© 2009-2019 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.