die voëls in die lug, die visse in die see wat die oseane deurkruis.
Wie is ons? Ryno (Koster) |
Wat doen ons? Beplanning van kerk se tuine Versorging van tuine - skoonmaak, snoei Uitbreiding van tuine - aanplantings |
Hoe kan jy by ons inskakel? Deur jou kundigheid aan te bied aan die kommissie Deur jou kennis te deel t.o.v. instandhouding Deur hulp aan te bied met instandhouding van toerusting Deur vir die kommissie te bid vir insig Deur te kom help met snoei van die bome onder leiding van Tuinboukommissie |
Die Koningsprotea (Pretea cynariodes) is ons Nasionale blom.
Hierdie groot blom is inderdaad die koning van al die Protea-spesies met baie groot blomkoppe op 'n houtagtige
struik wat groot blink blare het.
Protea Cynariodes behoort tot die genus Protea, met meer as 92 verskillende sub-spesies en variasies.
Name soos Giant Protea, Honeypot of King Sugar Bush word ook gebruik.
Die grootte van die blomkoppe wissel van 120mm tot 300mm (12 duim) in deursnee. Klimaat en grond beinvloed
die grootte van die blomme en blare.
'n Groot gesonde plant produseer 6 - 10 blomkoppe per seisoen. In uitsonderlike gevalle produseer die plant tot 30 blomme.
Die kleur van die blom wissel van 'n room-wit na 'n dieprooi. Die mees gesogte is die sagte silweragtige pienk rasse.
Die Koningprotea word dikwels in blommerangskikkings gebruik. Hulle maak ook uitstekende tuinplante.
Hierdie plante floreer waar die somerstemperatuur maksimum 33 grade Celsius is en die winterstemperature weer tot vriespunt
daal. Die reënval in hierdie gebiede wissel vanaf 180mm tot 2 500mm per jaar.
Die Koningsprotea groei ook in gebiede waar natuurlike brande elke 10 - 30 jaar voorkom. Hul dik ondergrondse stingel
maak dat hulle veldbrande oorleef en nuwe groei weer kan plaasvind.
Spekboom | Koeboebessie | Kannabas | Septemberbossie |
Kruisbessie | Soetdoring | Witstinkhout | Vaderlandswilg |
Wildeperske | Nieshout | Kasuur | Wildekastaiing |
Witolien | Tierhout |   |   |
Ofskoon 'n arboretum 'n versameling bome aandui, word ook struike, bolplante ensovoorts wat op die terrein voorkom, hier aangedui.
Die Voortrekker-terrein langsaan die NG Kerk Kraggakamma se kerktuin maak saam deel uit van die Kraggakamma Arboretum.
Die plante in die arboretum is almal inheems.
Die meerderheid van die kerktuin se plante is in September 1975 en in 1976 geplant waarvan
baie toe alreeds sowat 3 of 5 jaar oud was.
Sommige (107) van die ongeveer 125 bome en struike is van naambordjies voorsien met die nasionale boom- nommer
en die Afrikaanse volksnaam.
Daar is 83 naambordjies op die kerk-terrein en 24 op die Voortrekker-terrein.
Aan die terrein kommissie van die kerk waarop verskeie lede gedien het oor die afgelope jare; baie dankie vir tyd en energie wat ingeploeg is in hierdie stukkie aarde. In die begin het baie gemeentelede ook hul eie boom geplant en gehelp met die makmaak van die terrein. Benewens die name wat die Voortrekkers in die verlede op die naamborde gebrand het, het Dr Dawid Kriel sowat 40 naambordjies eiehandig uitgekerf en gebrand - 'n groot werk. Onlangs het Thys Potgieter ook begin help met die brandwerk. Verskeie lede het gereeld skenkings gemaak vir die aankoop van plante, hout, vernis, waterpype, ens. Christoffel Lötter het gesorg vir die instandhouding van die tuin oor baie jare. Theo Maree het sy deskundige kennis van tuinbou en plae nuttig aangewend en Gert Oosthuizen het gesorg vir nuwe gate wat gegrawe moes word; 'n Vorige voorsitter van die tuin kommissie, Ds Jan Viljoen, wat met groot entoesiasme en handewerk die ander lede aangesteek het; Dr Ria Olivier en Gwen Skinner het gehelp met die identifikasie en Werner Britz met die kaart van die terrein.
Ten slotte moet gemeld word dat die omgewingstoekenning van die munisipaliteit van Port Elizabeth
in September 1994 gesamentlik aan die NG Kraggakamma en die Kraggakamma Voortrekkers oorhandig is.
Hiermee is erkenning gegee aan die gemeenskap vir die skep van die Kraggakamma Arboretum wat dien as
verfraaiing, 'n beskutting teen son en wind, 'n lushof vir voëls en 'n plek vir ontspanning.
Hier kan almal maklik kennis maak met inheemse bome en ander plante aan die hand van die
naambordjies. Vergelyk die verskillende lyste hier onder.
Daar is reeds meer as 80 verskillende soorte voëls in die arboretum waargeneem.