Cala

Cala Verslag 2021

NUUSBRIEF VAN DERIK MYBURGH, DOMINEE VAN DIE GEMEENTE CALA IN TRANSKEI
KAN TAXIBESTUURDERS IETS GOED DOEN?
Die kort antwoord is ja. Ben Nqwiliso, ouderling in Mnxe-wyk van Cala gemeente is presies dit: Hy sit kos op sy tafel deur 'n taxi te bestuur. Hy is ook die gemeente se Veritas opleier en het nou al 'n groot aantal kerkraadslede en lidmate opgelei om die Bybel meer verantwoordelik te lees. Die een gevolg is dat prediking in die gemeente in kwaliteit toegeneem het. Daarby is hy 'n baie aktiewe ouderling wat daarin slaag om mense na Christus te lei en afvallige lidmate weer op te spoor en aan te spoor.
Op Sondag 14 Junie was ek in Mnxe om 9 nuwe lidmate te bevestig. Hulle wissel in ouderdom van 18 tot 60. Vyf van hulle is ook by die geleentheid gedoop. Die leesroosterteks vir die dag was uit Markus 4:26-34, die gelykenis van die saad en die gelykenis van die mostertsaad. Eeersgenoemde fokus op die werk van die Gees in mense, en die saad wat ongesiens ontkiem en begin groei totdat dit uiteindelik vrug dra. Die tweede gelykenis dui weer die groei van die Koninkryk van God aan. Beide gelykenisse onderstreep wat God aan die doen is in Mnxe: Mense kom na die Lig as gevolg van die werk van die Gees. En 'n klein begin het aangegroei tot 'n sterk wyksgemeente.
Om die vreugde behoorlik te verstaan, moet ons in ag neem dat hierdie wyk vir jare die probleemkind van die gemeente was, met onderlinge spanning tussen lidmate, 'n totale afwesigheid van verantwoordelikheid, krimpende getalle ens. Daarby het die wyk 'n kerkgeboutjie gehad wat veel te wense oorgelaat het. Alle energie en fondse is bestee om die gebou staande te hou, totdat 'n storm sowat 4 jaar gelede die genadeslag toegedien het. Die gemeente het toe 'n ongebruikte rondaweltjie by iemand geleen vir kerkdienste. En daar begin die wyk groei! Die rondawel raak 'n bietjie knap, maar die wyk groei steeds.
Die oomblik wat die fokus verskuif het na wat werklik saak maak, het die wonder begin gebeur.


Ons kyk terug Cala

Die CALA Ring in die Transkei is al jare deel van Kraggakamma-gemeente. Hierdie gemeente het tans net een leraar (ds Derick Myburgh) vir die hele ring van Cala. Hulle werk aan 'n program om basiese dinge soos gesondheid, etiese waardes, werkgeleenthede, gemeenskapsondersteuning en ontwikkeling. Hierdie bediening deur ons gemeente gee ons die geleentheid om bietjie verder as net ons stadsgrens uit te reik. Ons kan daardeur ons Oos Kaap-streek bedien en 'n verskil te maak.

HOU DIE GELEENTHEDE DOP EN KOM SAAM MET ONS OP 'n UITREIK NA DIE CALA GEMEENTE EN GENIET DIE LIEFDE VAN ONS AFRIKA BROERS.



† Na bo †
© 2009-2025 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.