Wie is in ons selgroep? Martin en Linda le Roux Pieter en Estelle Schoeman Delano en Odette Britz Anita Esterhuizen Felicity Murray Hester Taljaard Martyn Nel |
Wat doen ons? Ons kom Donderdae om 19:30 - 21:30 bymekaar |
Hoe kan jy by ons inskakel? Kontak Linda le Roux - 082 353 5038 |
Dahlea-sel reik uit na Groenbossies Plakkerskamp
Die Dahlea-sel het gedurende 2014 vir die eerste keer betrokke geraak by die Groenbossies Plakkerskamp toe
hulle vir die ongeveer 85 inwoners [kinders ingesluit] kos geneem het. Die kinders op die foto's is kinders van die kamp.
Die kos word deur die eienaar van die plaas waarop die plakkerskamp geleë is,
tussen die inwoners verdeel sodat almal iets te ete kry. Kos is een van hul grootste
behoeftes. Daar is ook 'n geboutjie waar daar Sondae 'n diens gehou word.
Hierdie keer het Kraggakamma-gemeentelede kos kerk toe gebring. Die Dahleas
het self ook kos aangekoop en dit Woensdagaand daar gaan uitdeel. Twee nuwe intrekkers, Luther en Adele
Landman, het saamgegaan. Ongelukkig het omstandighede veroorsaak dat net die helfte van die sellede die
uitreik kon meemaak, soos byvoorbeeld Pieter Schoeman wat ernstig siek geword het.
[Ingestuur deur Anita Esterhuizen]
Hier is 'n paar foto's van die Dahlia-selgroep se roei-ekspedisie op die Oranjerivier gedurende Maart 2013. Die saam ry, saam roei, saam kuier en saam swaarkry was werklik 'n onvergeetlike ondervinding. Die hitte gedurende daardie tyd van die jaar is gemiddeld so 40 grade + en wanneer ons nie geroei het nie, het ons letterlik met ons klere aan in die water gesit. Daar is nie basiese geriewe langs die rivier nie en ons moes in die aand ook in die rivierwater bad.
Die saamwees en swaarkry het ook baie van ons menswees gewys. Ons het baie goed met mekaar oor die weggekom ten spyte daarvan dat ons vir 5 dae net op mekaar aangewese was.
Dis ongelooflik hoe na aan die natuur 'n mens is en 'n mens word weer opnuut bewus van die grootheid van die skepping en die Skepper.
Ons kan dit regtig aanbeveel vir al die avontuurlustiges! As ons dit kan doen, kan julle ook!!!!
Groete
Dahlia-selgroep.