Wie is ons?

Ds MG van Rooyen = Voorsitter
Kerkraadslede
Dienswerkers
Liturgiese werksgroep
Gasvryheidsbediening: Belinda Krause
Wat doen ons?

Die gemeentebediening diensterrein is verantwoordelik vir die geestelike opbou van lidmate. Sake soos eredienste, Week van gebed, Pinkster, kursusse, kerkraad, gebed en algemene funksionering val onder die diensterrein.

Ons wil graag alle lidmate en mense wat ons gemeente besoek, welkom laat voel by ons.
Ons verwelkom mense elke Sondag by die deure van die kerkgebou en die saal. Ons is dan ook sommer die inligtingspunt vir besoekers en/of nuwe intrekkers.
Ons doel is ook om uit te reik na die nuwe mense en hulle tuis te laat voel by die Kraggakamma-familie.

Die groep is verantwoordelik vir die kreatiewe uitbeelding van die hoofmomente van die kerklike jaar.
Hoe kan jy by ons inskakel?

Kontak gerus vir Ds MG van Rooyen
041 360 0665


Gasvryheidsbediening:
Belinda Krause 041 360 8611 en 083 283 0444

Kerkraadslede 2019

Agter vlnr: Chris Pretorius, Frans Krause, Johan Coetzee, James von Wielligh, Rian Viljoen, Hennie Bakkes, Eugene Pretorius
Middel vlnr: Nico Nell, Peter Crous, Gert Harmse, Piet Spies, Andre Strydom, Pierre Rootman, Peet Viljoen, Johan van der Merwe
Voor vlnr: Juanita van Rooyen, Jean-Mari Oberholzer, Ds MG van Rooyen, Zelda Bakkes, Marie Rootman, Dr Deon Els, Dossie Nortje, Niekie Oosthuizen


Verklaring 1: Die NG Kerk het die afgelope paar dae met hartseer kennis geneem van talle gevalle waar die kwesbaarste mense in ons samelewing, vroue, kinders en migrante uit buurlande, aan die uiterste vorme van geweld blootgestel is. Die vreemdelingehaat, die plundering van eiendom en die moord op immigrante in Suid-Afrika is slegs die mees onlangse voorbeelde van dreigemente teen mense wat ’n eenvoudige en universeel menslike soeke na ’n beter lewe vir hulle en hulle gesinne het en dikwels gedryf word om risiko’s te waag as gevolg van desperaatheid, konflik en onderdrukking in hulle lande van herkoms. Kliek hier om die volle verklaring oor vreemdelinghaat af te laai

Verklaring 2: Die NG Kerk is diep bewus van die kompleksiteit van misdaad en geweld in Suid-Afrika. Internasionaal is dit aan die toeneem en Suid-Afrika deel in hierdie tendens. In ons eie situasie vererger faktore soos armoede en werkloosheid die probleem. Begrip vir hierdie faktore beteken egter nie dat ons die omvang en intensiteit van misdaadvlakke wat ons tans sien wil regverdig nie. Kliek hier om die volle verklaring oor geweld af te laai.


Ds MG van Rooyen kry al die kinders gereed vir poppekas - "#Imagine"




Ds MG van Rooyen preek oor die vrugte van die Gees!

Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie. (Jesaja 58 vers 11) Waar kan ek die Here se fontein van liefde wees?
Maak God se liefde jou lewe oorvol sodat dit uit jou vloei na die wêreld? Die doel van hierdie skrywe is om vir jou kortliks in te lig oor geleenthede waar jy Sy liefde kan uitleef. Skeur die afskeurstrokie aan die einde af en gooi dit in die dankoffersakkie, die kissie in die voorportaal of kontak die kontakpersoon by die bediening waar die Here jou wil gebruik.

Ds of predikant of leraar of bedienaar van die Woord?
Dominee [Ds] of predikant? Dis 'n moeilike vraag oor die benamings. Nie een van die twee word meer as reg beskou nie. Ds is slegs 'n titel, so dit werk nie as selfstandige voornaamwoord nie, slegs persoonlike voornaamwoord, en omdat Woordbediening soveel meer as prediking behels, is predikant ook nie meer aanvaarbaar nie. Ons is maw Woordbedienaars, Bedienaars van die Woord, of Verbi Divini Minister (enkelvoud), wat die oorspronklike, amptelike en internasionale term is. Daarom plaas ons altyd VDM agter ons name op amptelike dokumente. Bedienaars van die Woord behoort die beste in die meeste sinne te pas. "Kraggakamma se Bedienaars van die Woord is Di Els en Van Rooyen". VDM sal goed gepas wees as mens dit net eers aandui as "Bedienaar van die Woord (VDM)". VDM as afkorting kan ook vir meervoud gebruik word, want dit sal slegs effens verander na Verbi Divini Ministri.

Dienswerkers
Dienswerkers dien as aanvulling tot die diakenamp.
(a) Dienswerkers is belydende lidmate van die gemeente, maar dien nie op die kerkraad nie.
(b) Dienswerkers word deur kerkraad aangewys en hulle name word aan die gemeente bekend gemaak.
(c) Hulle dien verkieslik in die wyk waar hulle woonagtig is.
(d) Tree op as skakelpersoon tussen die lidmate en die blokouderling, blokdiaken en die leraars.

Pligte van Dienswerkers:
(a) Insameling van die maandelikse dankoffers.
(b) Lewer kennisgewings en inligtingstukke af aan lidmate binne hulle wyk.
(c) Verneem watter lidmate besoek van die leraars verlang. Gee ook name van lidmate aan die leraars deur wat volgens sy/haar mening besoek van die leraar benodig.
(d) Verskaf inligting van nuwe intrekkers aan die kerkkantoor. Gee ook kennis van lidmate wat vertrek het uit die gemeente.
(e) Sover moontlik word van dienswerkers verwag om lidmate persoonlik te besoek en vas te stel wat hulle behoeftes is. Sake van belang word aan die betrokke kerkraadslede en/of leraar oorgedra.
(f) Indien 'n dienswerker weens omstandigehede nie sy/haar pligte in die wyk kan nakom nie, moet hy/sy vroegtydig met die blokdiaken reël, sodat alternatiewe reëlings getref kan word.
(g) Stel die blokouderling onmiddellik in kennis van siekte of sterfgevalle in die wyk.
(h) Dienswerkers kyk gereeld in hul wykvakkie vir inligtingstukke wat uitgedeel moet word. Die vakkies is in die gang tussen die kerkkantoor en die konsistorie.
(i) Woon die blokvergaderings by wat deur die blokouderling gereël word. Daar is minstens twee blokvergaderings per jaar.
(j) Per geleentheid kan dienswerkers gevra word om 'n gedeelte van 'n kerkraadsvergadering by te woon, indien daar sake van belang bespreek word. Dienswerkers sal vooraf hiervan ingelig word.

Verkiesing en Dienstermyn:
(a) Dienswerkers word aangewys deur die kerkraad, leraars of lede van die wyk. Hulle word nie vir 'n termyn aangestel nie, maar dien solank as wat dit vir hulle moontlik is.
(b) Wanneer dienswerkers aangewys is, word hulle name aan die gemeente bekend gemaak.
(c) Indien 'n dienswerker wil bedank, word hy/sy versoek om aan te bly in die wyk totdat 'n plaasvervanger aangewys en aan die wyk voorgestel is.

Die Diakonie
Pligte van die diakens/blokleiers
Tans is ons 10 Diakens/Blokleiers van die 12 omdat 2 blokke vakant is. Die Blokleiers is in beheer en moet toesig hou oor `n blok wat bestaan uit 5 of 6 wyke, waar vrywillige Dienswerkers, ek glo, geroepe is om diens te verrig.
Die betrokke diaken, wat aan diens is, is verantwoordelik vir al die dienste wat in daardie maand plaasvind, byvoorbeeld Week van Gebed, Sendingweek, Pinkster, Paasfeesbyeenkomste en aanddienste.
Die opneem van kollekte tydens beide eredienste en die deurkollekte moet ook soggens by die dienste opgeneem word.
Die diakens moet voor en na die erediens in die konsistorie bymekaar kom.

Wat word van 'n Dienswerker verwag?
Die Blokleiers moet `n verhouding met hulle Dienswerkers opbou.
Die Dienswerkers moet hul uitdeelstukke in hulle vakkies getrou uithaal en uitdeel.
Die Dienswerkers moet poog om ten minste elke ses maande hul kontakpunte telefonies of persoonlik te kontak. So weet hulle of alles nog in orde is in elke kontakpunt. Die lidmate moet die vrymoedigheid en vertroue hê om te sê waar nood is of hulp verleen moet word.
Hulle moet getrou bly met die maandelikse insamelings.

Let Wel Indien 'n lidmaat nie die uitdeelstukke ontvang nie, moet die diaken en/of dienswerker gekontak word.

Mag almal gelei en geroep word om `n vakante Blok of Wyk te vul tot diens van ons Vader.

Diakens en Dienswerkers Besonderhede beskikbaar by Diakens en Dienswerkers



† Na bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.