Gospel for Asia (SA)

Sagaria 4 vers 6: "Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige."

Wie is ons?
Gospel for Asia in 'n nie-winsgewende organisasie wat die mense van Asië dien met die Evangelie van Jesus deur opleiding van kerkleiers/sendelinge om dan so hulle eie mense te bereik met die Evangelie van Jesus Christus.
Kontakpersoon
Andre Barnard
Tel 041 360 0198
Fax 088 041 360 0198
Mobile +2782 921 8762
Skype jesuslu
P.O.Box 28880 Sunridge Park PE 6008
www.gospelforasia.org.za
Wat doen ons?

As 'n familie van gelowiges is ons gefokus om die Goeie Nuus van Jesus Christus te neem na elke man, vrou en kind in Suid Asië. Ons jubel en juig as ons sien hoe individue en gemeenskappe verander word as hulle die liefde van Jesus ervaar. As gelowiges staan ons saam om die hande en voete te wees van Jesus vir 'n tyd soos hierdie. Saam met die Heilige Gees kan ons hierdie generasie bereik met die Evangelie van Jesus.
Hoe kan jy by ons betrokke raak?

Sonder die ondersteuning van Christene die wêreld oor kan ons broers en susters in Asië nie die mas opkom nie. Hulle het ons nodig en alleenlik saam kan ons die mense van Asië bereik en dien. Vir meer inligting gaan na www.gospelforasia.org.za

Gospel for Asia Verslag 2021

Gospel for Asia is daar om die lewens van die mense in Asië te verander - vir beide hierdie lewe en die ewige lewe
Ons verbind ons as familie van gelowiges om die goeie nuus van Jesus Christus te deel met die 3 manne, vroue en kinders van Suid-Asië wat nog nie die naam van Jesus gehoor het nie. Ons verheug ons daarin dat individue se lewens totaal verander word en dat gemeenskappe die liefde van Jesus beleef.

Saam kan ons deur die Heilige Gees se werking hierdie generasie bereik, as ons saamspan om die hande en voete van Jesus te wees in 'n tyd soos nou.

Ons Missie
Ons missie in hierdie lewe is om toegewyde volgelinge van Jesus Christus te wees en om Sy Groot Opdrag uit te voer onder die mees onbereiktes in Asië deur die opleiding, uitstuur en ondersteuning van opgeleide werkers in vennootskap met die Liggaam van Jesus Christus.


Verdere inligting
Vir enige verdere inligting rakende ons bediening, nuus of gebedsversoeke vanaf die sendingveld, besoek gerus ons webtuiste by Gospel for Asia of kontak ons plaaslike kantoor.



† Na Bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.