Psalm 28 vers 7: Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp.
Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.

Wat is ons visie?
Die begeleidingsgroep wil graag deur die begeleiding van die Praise & Worship 'n bydrae lewer om die erediens 'n onvergeetlike ervaring te maak vir elke gemeentelid wat deel is van die betrokke erediens.

Wie is ons?

Die begeleidingsgroep bestaan tans uit die volgende lede:

Musikante:
Frans Krause: Vocals en akoestiese kitaar
Johan vd Merwe: Vocals
Linda Gough: Vocals
Elani Pieterse: Vocals
Tanja Claassen: Vocals
Karl Lokotch: Keyboard en vocals
Jannie Peens: Elektriese en akoestiese kitaar
Andries Potgieter: Tromme
Tiaan Peens: Baskitaar


Klankmanne:
Albert du Plessis
Conrad Pienaar

Data:
Francois Vlok
Roenel van Rooyen
Rhenaldu van Niekerk
Wat doen ons?

Die erediens is 'n tweegesprek tussen ons (as kinders) en God (ons Vader). Die Praise & Worship is die deel van die gesprek waar ons met ons Vader praat, deur onder andere Sy Grootheid te besing en ons liefde vir Hom te bevestig.

Ons gebruik ook soms die Praise & Worship om jammer te sê, maar meer male om Hom te loof en prys en te aanbid.

Deur die Praise & Worship wil ons graag die gemeente lei om saam met ons die troonkamer van God binne te gaan waar ons by ons Vader se voete gaan sit en God met ons praat deur die boodskap wat die prediker bring.
Hoe kan belangstellendes inskakel?

Belangstellendes kan vir Frans Krause
skakel - 083 452 6396 of
e-pos fjkrause@telkomsa.net

Nuwe persone sal dalk eers 'n oudisie doen en vir 'n tydperk saam met die begeleidingsgroep oefen voordat hy/sy deelneem aan die begeleiding tydens die eredienste.

Ons oefen Woensdagaande van 18h30 tot 20h30. Ons kom Sondagoggende 07h00 bymekaar om die dag se musiek deur te gaan en saam te bid voor die erediens begin.

Kraggakamma is bevoorreg om 'n baie spesiale kerkorrel te hê. Dit is 'n "New Baroque" orrel soos die waarop Bach en die ander Barok-komponiste gespeel het. Die orrel is in 1976 vir R36 000 gebou en is vandag glo omtrent R1 miljoen werd. Met sy 1400 pype is dit ook die tweede grootste Barok-orrel in Port Elizabeth en een van slegs twee met die unieke Spaanse (horisontale) trompet-pype. Voordat die orrel in Somerstrand gebou is, is al die Barok-konserte in Port Elizabeth in ons kerk gehou. Baie van ons aanvaar dit as vanselfsprekend dat daar elke Sondag een of ander vorm van begeleiding moet wees sodat ons lekker kan sing, maar min van ons besef hoeveel harde werk daarin gaan om dit daar te stel. Volgende keer as jy lekker lofprys, kan jy gerus opkyk na ons pragtige orrel of raaksien hoeveel ure die groepie mense voor jou aan oefening spandeer het.

Musiek. . .
Die verstommende geskiedenis van musiek kon begin het by die vroeë mense se nabootsing van voëlgeluide. . . of hul handgeklap en voetegestamp om aan intense gevoelens uiting te gee.
In 313 n.C. toe Keiser Konstantyn geloofsvryheid aan die Christene gegee het, het 'n nuwe tydperk in die musiekgeskiedenis begin.
Psalms en dreunsange is invloede van die Hebreeuse musiek vermeng met musiek uit ou Griekeland. In Christelike eredienste is van eenstemmige liturgiese sang gebruik gemaak.

'n Kenner vertel dat "Afrika-musiek die musiekwêreld verryk met 'n kompleksiteit van ritmes wat musiek lewendig maak en ons in staat stel om die pols van die lewe te voel. . ." ( Bron: www.mieliestronk.com )
Op Sondag, 9 Januarie 1814 is die eerste gesang op Suid-Afrikaanse bodem gesing - Rhijnvis Feith se 'Zingt, zingt blitte moe.' Dit is lied nommer 216 in die Liedboek van die Kerk:
"Sing met vreugde, sing oor ons Redder-Koning - laat ons hulde bring aan die Hemelheer wat sy kerk regeer. Hy maak by ons woning."
Dit is die Here wat wil hê dat ons Hom met Woord en Lied moet loof en prys. (Bron: Liedboek van die Kerk)
En so het die N.G. Kerk Kraggakamma hul eie musiekbediening.
Die gemeente word bedien met musiek en sang sodat 'n ontmoeting tussen God en sy gemeente kan plaasvind.

† Na Bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.