Welwitschia-sel

Wie is in ons selgroep?

Sellede
Estelle van der Merwe - Selvriendin
Wilma Keevy
Lucian Pienaar (Tesourier)
Shirley Carr
Martie Steenkamp
Willie (Admin) en Val van der Merwe
Gielie en Carol Botha
Rassie du Plessis
Bettie Celliers

Selvriende
Estelle v d Merwe

Wat doen ons?

Ons kom Donderdae om 09h30 bymekaar.
Ons ruil elke week huise asook die voorganger. Almal kom voorbereid en maak sinvolle bydraes tot die gespreksvrae. Ons nooi gereeld 'n leraar om ons te besoek. Ons Donderdae is 'n hoogtepunt in die week. Na die bespreking kuier ons lekker saam oor 'n koppie tee/koffie en eetgoed.

Uitreike
Ons is tans betrokke by:
Die kinders van Place of Hope in samewerking met die skoolhoof van Altona Skool
Vistarus
M T R Smit Kinderhuis
Aurora - items vir fondsinsamelings
Louisa Meyburgh Tehuis – maandelikse toiletware vir die siekeboeg en geskenkies op moeders- en vadersdag
Hoe kan jy by ons inskakel?

Kontak Valma van der Merwe 083 923 9849

Place of Hope terugvoering 20-04-2023

Die jaar het soos 'n oogknip verbygevlieg en die Kersvakansie is om die draai en dus is dit tyd om weer kortliks 'n opsomming te gee van ons uitreike na Place of Hope die afgelope tyd. Ons het toiletware en seeppoeier ter waarde van R1459,60 aangekoop en op 27 September 2022, het Judith die pakkies by Walker Drive Inkopiesentrum afgehaal.
Op Saterdag, 5 November 2022, het ons 'n bedrag van R300 (bussiegeld), aan Me. Cindy Tout, ons skakelonderwyseres van Laerskool Altona oorhandig. Die geld is vir hul "Toebroodjie Projek" vir minderbevoorregte leerders, tydens pouse. Ons het ook boekies vir die biblioteek geskenk. Ons beplan om die nodige skooldrag aan die einde van die kwartaal aan te koop.
Weereens, ons innige dank aan ons skenkers wat ons uitreike moontlik maak. Dankie ook vir almal se getroue gebede vir ons kinders en families wat onder baie moeilike omstandighede in die Nedersetting woon.
Dank aan ons Hemelse Vader vir Sy Liefde en Genade soo onbeskryflik Groot.

Die afgelope week se 2022 Paas-boodskappe was baie besonders. Dankie aan Ds MG vir sy harde werk en indiepte en besielende boodskappe.
Ons selgroep het 'n baie geseënde byeenkoms gehad laas Donderdag en Piet Smit se "Die man in die Middel" gespeel as opening.
Hier is die sketse wat ons gebruik het om die Paas gebeure te gedenk en te bespreek.

Place of Hope terugvoering 03-02-2022

Net 'n kort opsomming van ons 2 uitreike na "Place of Hope" die afgelope tyd.
Op 13 Mei 2021 het ons sakke en kratte vol beddegoed, handdoeke en klere aan Judith Boyce (Place of Hope ) by die Kabega Park Polisiestasie oorhandig. Ons innige dank aan almal wat so getrou bydra tydens hierdie moeilike tye. Daar is 8 gesinne met 16 kinders vir wie ons steeds ondersteun (2 leerders by Andrew Rabie, 10 leerders by Altona en 1 leerder by Merryvale ) en 3 seuntjies tuis.

Ons is baie dankbaar vir 'n skenking van R1500 op 1 Julie 2021! 'n Gedeelte van die bedrag is gebruik om aankope te doen ter voorbereiding vir die nuwe skoolkwartaal. Spesiale dank aan Lucian vir die aankope van seeppoeier, toiletseep en sjampoe:Totaal R645. Ons het ook skenkings gekry van 6 toiletseep, 18 tandepasta, waslappies, sneesies, vrugte en suigstokkies. 'n Paar skoolskoene is ook aangekoop vir R180 :Totaal R825.

Ons skakel gereeld met Laerskool Altona en Merryvale om ons op hoogte te hou met die welstand van ons leerders asook hul vordering en skoolbywoning . Ons hou ook kontak met Chantelle en Judith van die nedersetting om hulle benodighede te bepaal. Sover ons kan vasstel is daar geen meer skenkings van brood en ander voedsel nie. Ons is baie dankbaar dat daar ook geen Covid 19 gevalle is nie en al ons leerders is uitgerus, gesond en gereed vir die nuwe skoolkwartaal. Weereens baie dankie vir almal se volgehoue gebede.

Die welkome reën van die afgelope twee dae maak ons weereens bewus van ons Skepper se Genade, so onbeskryflik Groot! Ons het met Chantelle geskakel om te hoor of almal veilig is na die stortreën van die afgelope paar dae en is dankbaar dat almal veilig en warm is en dat daar geen groot skade aangerig is nie, behalwe 'n paar lekkasies.


Willie van der Merwe en die Welwitschia Selgroep is al 'n geruime tyd betrokke by Place of Hope in die Groenbossies nedersetting. Hulle gee terugvoer oor die afgelope tyd en ons is saam met hulle verheug dat daar geen positiewe geval van Covid in die nedersetting aangemeld is nie. Ons is ook baie bly dat hulle skoolleerders 'n 100% slaagsyfer aangetoon het. Daar is reeds 'n paar somer skooluniforms aangekoop en daar word nou al gekyk na die aankoop van winter skooluniforms. Daar is 14 kinders wat aangemeld het vir die 2021 skooljaar. Buiten die skooluniforms en skryfbehoeftes word daar gereeld ook kospakkies voorsien. Indien jy betrokke wil raak, kontak Willie (083 295 1171) vir meer inligting.

   

   

UITREIK NA LOUISA MEYBURGH TEHUIS KERSFEES 2019
Ons selgroep het te wete gekom dat daar 29 inwoners is wie nie uitgaan vir Kersdag nie en ook geen besoek las ontvang van kinders en ander familie nie. Dit is baie hartseer!
Op die fotos maak ons selmaats pakkies op wat ons gevul het met lekker sjokolade en aan elke pakkie het ons 'n persoonlike Kersboodskap geheg. Ons vertrou dat elkeen besef het dat daar mense is wat aan hulle dink. (Ingestuur deur Oom Willie)

 




Welwitschia Selgroep se uitreik na Place Of Hope en Laerskool Altona op 29 Oktober 2019
Ons eerste besoek was by Laerskool Altona waar ons vriendelik ontvang was deur Mev Duminy, die skoolhoof en twee personeellede. Mev Duminey het kortliks die vordering van die 9 leerders van "Place of Hope" bespreek en sy is baie tevrede met hul vrdering. Die graad 7 leerders gaan aanstaande jaar na Andrew Rabie en'n bedrag van R200 is aan hulle oorhandig as aansporing vir die gebruik vir aankoop van skoolbehoeftes vir die nuwe skooljaar. Die leerders is baie beleefd, vriendelik en goed versorg. Ons het spontaan drukkies ontvang.

Imke Mentz en Shani Keane, van Walford Senior school of girls, Adelaide, Australie, het op eie inisiatief (met behulp van 3 ander vrywilligers) 40 serpe gebrei vir "Place of Hope" as 'n welwillendheidsskoolprojek en 12 leerders het elk 'n serp ontvang.

Leerders het ook elk 2 Bybelse Werkboekies (geskenk deur Bybelgenootskap) ontvang en die Graad 7 leerder 'n Geestelike Dagboek. Vrugtepakkies en muffins is uitgedeel by die geleentheid. Daarna is omgesien na die leerders se skooldrag en voorsiening word gemaak na mate hul behoeftes. Skooldrag is baie duur!!!

Ons het ook besoek afgelê by die Nedersettings en kort boodskappies was deur Willie voorgelees uit Mattheus 18 en 19 waardeur hy afgsluit het met gebed. 5 Kindetjies en 9 volwassenes het ook elk 'n serp ontvang. Die kinders het ook Bybelse werkboekies, vrugtepakkies en muffins ontvang. Die Graad 9 leerlinge van Andrew Rabie het ook 'n Geestelike Dagboek, serp en bederfpakkies gekry terwyl hul ouers aan muffins gesmul het.


Welwitschia Selgroep se Winter Uitreik 19 Junie 2018
Ons selgroep het onlangs wintersklere aan 16 kinders van Place of Hope gaan uitdeel.
Die kinders en moeders was baie dankbaar om dit te kon ontvang. Ons sellede is passievol om 'n verskil te maak aan die kinders se lewe in Groenbossies. Ons het baie donasies van gemeente-lede, die breigroep in Blouwaterbaai en ander persone ontvang en wil aan almal baie dankie sê vir die meelewing.
[Ingestuur deur Willie van der Merwe]


Welwitschia Selgroep se uitreike
Ons selgroep is betrokke by "Place of Hope", die blanke nedersetting in Groenbossies.
Carol Botha en Lucian Pienaar is twee van ons lede wat veral by die kinders baie betrokke is. Ons het ook kontant-donasies uit ons gemeente ontvang en dit is aangewend vir onder andere dag- en skoolklere, skoolgeld en skryfbehoeftes. Al die kinders wat in die skool moet wees, is ingeskryf by Altona Laerskool. Ons kry ook terugvoer oor die vordering van die kinders.

Ons selgroep het die 6de Desember 'n Kerspartyjie vir die 18 kinders gaan hou. Elkeen het 'n geskenkpak met onder andere speelgoed, lekkers, koekies, leesboekies en klere gekry. Daar was natuurlik ook lekker eetgoed en koeldrank. Die kinders het hulle baie mooi gedra en die oggend geniet. Pastoor Louisa Spencer van die Heilsleër, wat daardie area bearbei, het die Kersverhaal baie mooi aan die kinders gebring.
[Ingestuur deur Willie van der Merwe]

 

 

 

 

 

Welwitschia Selgroep Uitreike
MTR Smit Kinderoord
Die selgroep het 1 Junie 2017 vir hulle aangenome dogter - Monique Pietersen - 'n verjaarsdagpartytjie gehou. Almal het dit baie geniet.

 


Place of Hope
Wintersklere is vir die kinders uitgedeel. Al die kinders is nou in die skool by Altona Laerskool. Die selgroep het R1150 bygedra tot die skoolgeld van die kinders wat eers nie in die skool was nie. Die selgroep is dankbaar vir donasies van gemeentelede en vriende wat ontvang word.

 


Louisa Meyburgh Tehuis
Elke moeder en vader het 'n geskenkie op moeders-en vadersdag gekry. Die selgroep verskaf ook elke maand toiletware vir die siekeboeg.

 


Vistarus Rehabilitasie-sentrum
Hierdie inrigting wat op die oomblik 400 inwoners (insltuitend 93 kinders) versorg en rehabiliteer, doen 'n oneindige groot werk. Die kinders word ook versorg en gaan na verskeie skole. Die selgroep het 28 Junie 2017 'n groot besending komberse, wintersbeddegoed, klere, gordyne en herwinbare items gaan aflewer. Nadia, die skoondogter van Schalk Jacobs, die hoof van die onderneming, het die Welwitschia-selgroep op 'n toer deur die hele kompleks geneem.



† Na Bo †

© 2009-2025 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.