JAARTEMA VIR 2013

IN CHRISTUS IS ONS LOTE WAT VRUGTE DRA

'n loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie (Joh 15:4)

Fokustekste vir 2013
Johannes 15:1-17 en Handelinge 2:37-47

EERSTE KWARTAAL: CHRISTUS HET GELY EN OPGESTAAN OM ONS SY LOTE TE MAAK

3 Maart 2013
Teks: Joh 15:1-8 en Jesaja 5:1-7
Tema: " 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra nie "
Kerngedagtes vir die prediking:
1. Wie was ons? 'n Wingerd wat nie vrugte dra nie (Jes 5:1-7). Deur sy lyding verander Hy ons tot 'n wingerd wat vrugte dra.
2. Beklemtoon Joh 15:4. 'n Loot moet aan die wingerdstok wees, anders kan dit nie gesnoei word en vrugte dra nie.
3. Die bloed van Christus reinig ons van alle sonde.


10 Maart 2013
Teks: Joh 15:1-8 en Fil 2:6-8
Tema: Hoe word ek 'n loot (1)?
Kerngedagtes vir die prediking:
1. Christus verneder Homself deur aan ons gelyk te word.
2. Wat moet jy prysgee sodat jy 'n loot kan wees? Waarvan moet jy gesnoei word?
3. Christus is die weg, die waarheid en die lewe. Deur Hom word ons lote.


17 Maart 2013
Teks: Joh 15:1-8 en Joh 14:1-14
Tema: Hoe word ek 'n loot (2)?
Kerngedagtes vir die prediking:
1. Deur geloof aanvaar ek die verlossing wat Christus aan die kruis vir my verwerf het.
2. Beklemtoon die eenheid tussen die Vader en Jesus en die analogie met die metafoor van die wingerdstok en die lote.


24 Maart 2013
Teks: Joh 15:1-8 en Joh 19:1-16
Tema: As die wingerdstok verwerp word…
Kerngedagtes vir die prediking:
1. Volgens die regstelsel is Jesus onskuldig; volgens die kerk van daardie tyd is Jesus skuldig en hulle roep: Kruisig Hom!! Watter ironie…
2. Op watter maniere kruisig die kerk/gelowiges Christus vandag?
3. As Christus verwerp word, het die lote niks.


31 Maart 2013
Teks: Joh 15:1-8 en Joh 20:19-31
Tema: "Vrede vir julle"
Kerngedagtes vir die prediking:
1. Die Opgestane "wingerdstok" het die dood oorwin. Die "vrug" wat die lote moet dra, is vrede.
2. Jesus stuur die dissipels, soos die Vader Hom gestuur het om God se vrede te gaan leef.
3. Die dissipels ontvang die Heilige Gees.
4. Tomas glo eers nadat hy gesien het.


7 April 2013
Teks: Joh 15:1-8 en Efes 2:1-10
Tema: Uit genade is julle gered (Efes 2:5)
Kerngedagtes vir die prediking:
1. God se genade het twee kante: Eerstens, ons word saam met Christus lewend gemaak (Efes 2:4,5). Tweedens, God het ons gemaak wat ons nou
    is: in Christus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het (Efes 2:10)
2. Joh 15:4 - "Julle moet in My bly en Ek in julle". Jesus se lyding en opstanding is die weg waardeur ons lote kan wees.
3. Hoe antwoord jy daarop met jou lewe?


TWEEDE KWARTAAL: LOTE GROEI UIT DIE KRAG VAN DIE WINGERDSTOK

14 April 2013
Teks: Joh 15:1-9
Tema: Lote dra vrug deur God se liefde
Kerngedagtes vir die prediking:
1. God se liefde kom deur Christus (die wingerdstok) na ons (die lote) toe. God se liefde stel ons in staat om vrugte te dra (v 9,10).
2. Christus se opdrag aan sy dissipels is: "Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet" (v12, 17). Die toets vir opregte liefde is of dit vergelyk met
    Christus se liefde vir sy dissipels.
3. Blywende vrugte is om onvoorwaardelik lief te hê, soos Christus ons beveel (v16,17). Wat moet jy prysgee sodat jy Jesus se opdrag kan nakom?


21 April 2013
Teks: Joh 14:15-17
Tema: Lote word soos die wingerdstok
Kerngedagtes vir die prediking:
1. Wat moes die dissipels doen om die Heilige Gees te ontvang? Hoe moes hulle wees sodat die Heilige Gees in hulle kan woon?
a. Hulle het 'n persoonlike verhouding met Jesus gehad. Daar was 'n innerlike verbondenheid tussen hulle en Jesus (Fil 1:9-11)
b. Hulle het alles prysgegee en Jesus gevolg (Lukas 14:33)
c. Jou selfsugtige ego (eie-ek) is jou grootste vyand wat kan verhinder dat jy ten volle vervul word met die Heilige Gees (Joh 13:36-38)
2. "Only a heart that is entirely occupied with the Lord Jesus and depends entirely on Him, can hope for the fullness of the Spirit"
    (Andrew Murray, 2005:42).
    (Die ryk jong man kon nie die Here met sy hele hart liefhê nie, want sy geld was te belangrik vir hom (Markus 10:17-22).
    (Deur wie of deur wat word jou hart ge-okkupeer?


28 April 2013
Teks: Joh 15:26,27 en Lukas 24:49 en Hand 1:1-8
Tema: Lote wat wag, kan getuig
Kerngedagtes vir die prediking:
1. Lote van die wingerdstok dra eers druiwe as die seisoen reg is. Vooraf moet die lote gesnoei word en die takke uitgroei. Kom ons noem dit die
    "wagtyd", soos Jesus met sy dissipels praat.
2. Ons kan alleen soos Christus liefhê en getuig oor Christus se liefde, deur die krag van die Heilige Gees.
3. Die dissipels ontvang die krag om te getuig wanneer hulle wag op die vervulling van God se belofte (Hand 1:8).
4. Om te wag op die vervulling van God se beloftes, beteken dat jy jou eie agenda sal aanpas by God se opdrag (Hand 1:4b).
    Op watter manier maak jy jou agenda vir God oop, sodat die krag van die Heilige Gees deur jou tot werking kan kom?
5. Wanneer jy jouself oopstel vir die Heilige Gees, sal jy die krag ontvang om te getuig oor God se werke en liefde. So dra lote vrugte wat sal hou.
6. Lewer jou persoonlike getuienis of vra 'n lidmaat om hieroor te getuig.


5 Mei 2013
Teks: Joh 14:15-21 en 25,26. Hand 2:4
Tema: Lote se krag kom van binne
Kerngedagtes vir die prediking:
1. Die gehalte van die druiwe wat lote dra hang af van die kwaliteit van die wingerdstok. Die kwaliteit van die wingerdstok is nie sigbaar van buite
    nie. Dit word uiteindelik deur die vrug van die lote sigbaar.
2. Vervulling met die Heilige Gees beteken innerlike transformasie, vgl 2 Kor 5:17. Dit is die inwoning van Christus wat die verskil maak. "the external
    teaching of the external Christ, whatever other influences it may have exercised, was not sufficient to redeem them (die dissipels) from the power
    of indwelling sin. This could be achieved only by the indwelling Christ. Only when Jesus came into them by the Holy Spirit did they undergo a complete
    change" (Andrew Murray (2005): Experiencing the Holy Spirit, p25).
3. Liefde vir mekaar is een van die eienskappe van dissipels wat innerlik getransformeer is (Joh 13:34,35; Joh 15:9,15). Dit is ook Paulus se gebed in
    Efes 3:16-19.
4. Vervulling met die Heilige Gees gee jou moed en krag. Petrus het Jesus verloën, maar na Pinkster sê hy " 'n Mens moet eerder aan God
    gehoorsaam wees as aan mense" (Hand 5:29).
5. In watter mate laat jy die Heilige Gees toe om van binne deur jou te werk of maak jy op jou eie krag staat?


ONS DERDE KWARTAAL TEMA:
Jesus sê wat!
Ons gaan elke Sondag oor hierdie temas preek en dan in die selgroepe verder daaroor gesels. Skakel asb in by 'n selgroep van jou keuse. Besonderhede van selgroepe is in die voorportaal beskikbaar op die groen blaaie.

Sondag 21 Julie 2013
Die sleutel tot arm-van-gees wees.
Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is…

Sondag 28 Julie 2013
Die sleutel tot verbintenis. "commitment"
Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.

Sondag 4 Augustus 2013
Die sleutel tot 'n rein lewe.
As jou regterhand jou laat struikel, kap hom af…

Sondag 11 Augustus 2013
Die sleutel tot selfverloëning.
As iemand agter My aan wil kom moet hy homself verloën, sy kruis opneem en my volg.

Sondag 18 Augustus 2013
Die sleutel tot swaarkry-vir-Jesus.
Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg…

Sondag 25 Augustus 2013
Die sleutel tot liefde vir jou vyand.
Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê…

Sondag 1 September 2013
Die sleutel tot die vermoë om te kan vergewe.
As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Sondag 8 September 2013
Die sleutel tot 'n positiewe gees.
Moenie oordeel nie…

Sondag 15 September 2013
Die sleutel tot egte godsdiens.
Nie elkeen wat vir my sê: "Here, Here," sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie…




† Na Bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.