Kleinskool Inisitief

NPO 141645
Bank besonderhede : Nedbank 1088431739 takkode 121317

Kleinskool Inisiatief Nuusbrief Februarie 2022

Wie is ons?
Ons is Christene vanuit verskillende denominasies wat onder die geestelike dekking van Harvest Christian Kerk hande neem om die liefde van God uit te dra na Kleinskool, Njoka en Kliprand-plakkergebied. Harvest skep die platform en verskillende denominasies kan 'n inisiatief voorlê wat die behoeftes van die gemeenskap aanspreek sodat ons saam 'n verskil kan maak in die omstandighede van die gemeenskap.
Voorsitter Margita Marx - 082 337 4336
Sekretaresse Tersia Muston - 081 471 5428

Wie in ons gemeente is betrokke?
Margita Marx - Voorsitter
Algemene organisasie
Jeugbediening
Johan Harmse - Raadslid
Kinderbediening Sondagskool
Naweekskool
Vaardigheidsontwikkeling
Elizma Harmse - Afrikaans-onderrig
Nicky Lotz - Kleuterkerk (3-6 jariges)

Wat doen ons?
Geestelike bediening aan volwassenes, jeug en kinders. Sopkombuis en uitdeel van kospakkies. Aanleer van vaardighede deur instansies soos:

Kleinskool Inisiatief
Dis veral die kinders in die Kleinskool plakkerskamp wat ly as gevolg van die werkloosheid, armoede, dwelm- en alkoholmisbruik in die area. Op skool kan hulle nie konsentreer nie as gevolg van ondervoeding. Hulle onderpresteer gevolglik en dit laat hulle onbevoeg en nutteloos voel. Kleinskool Inisiatief help hierdie kinders om hulle skoolloopbane te voltooi deur vervoer, skoolfooie, -klere en skryfbehoeftes te verskaf. Ongeveer 400 kinders kry ook Vrydae kos by die kinderkerk. Ekstra klasse in verskeie vakke word naweke aangebied. Kinders met potensiaal word aangemoedig om tersiêre opleiding te kry . Ander word gehelp om kort kursusse by Work For A Living te doen. Senior leerders word gehelp om veiliger skole met kleiner klasse buite hierdie area by te woon. ‘n Kosteberaming per leerder is hier ingesluit om 'n aanduiding te gee van die finansiële hulp wat benodig word. Donasies van die publiek maak bogenoemde projekte moontlik. Brief aan donateurs.


SiyaSebenza - "Work for a living" is veral gemik op jongmense wat nie hulle skoolloopbaan voltooi het nie. Etiek, tydsberekening, kommunikasie- vaardig- hede, lojaliteit, professionele gedrag ensovoorts word vanuit 'n Christelike beskouing onderrig. Daarna volg kursusse in algemene handel, die gebruik van kasregisters en eenvoudige rekenaarvaardigheid.

Farming God's Way gee vir studente die nodige vaardigheid om hulle eie groentetuine te maak. Hulle leer hoe om grond voor te berei vir saai, watter tyd van die jaar om te plant, ekonomiese besproeiing, bemesting ensovoorts. Terselfdertyd werk hulle in ons groentetuin by die sentrum. Dit word alles aangebied vanuit 'n Christelike uitganspunt.

Kleuterskool Daar is drie onderwyseresse wat onlangs 'n kort kursus deur 'n afgetrede dosent van NMU bygewoon het. Volledige les-planne is uitgewerk. Die dosent sal elke kwartaal besoek aflê om seker te maak dat die leerplan reg aangebied word en alles reg uitgevoer word. Ons wil vir hierdie dames elk 'n klein salaris betaal.

Die gemeente kan betrokke raak deur skenkings (kos, ou klere en komberse) te maak en deur 'n kind te borg (skoolgeld, boeke, uniform, taxi).

Enige nuwe inisiatiewe is welkom. Ons sal dit aan ons raad voorlê vir bespreking. Kontak Margita Marx 082 337 4336.


† Na Bo †
© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.