WWJD: What Will Jesus Do

Ons sien ons bediening nie as 'n projek nie, maar as 'n passie en daaglikse lewenstyl.

WWJD Getuienis Februarie 2022

Brendon Slabbert: "Die 10de Junie is om die draai!"
Word deel van die wedloop! Brendon en die span is hard aan die oefen vir 2018 se Comrades. Alle fondse gaan vir "Quad House" in Newtonpark.

Ons glo deur geloof dat ons deur God ons Vader se plan van genade gered is en dat redding slegs 'n genadegawe van God is.

Johannes 14 vers 15: As julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer.

Die Here het deur Sy Heilige Gees, Sy liefde en vuur in ons harte uitgestort om Hom met passie te dien. Ons sien ons bediening nie as 'n projek nie, maar as 'n passie en 'n daaglikse lewenstyl. Ons roeping en ons kernfokus is om alle mense wat ons paaie daagliks kruis te motiveer, te bemoedig en toe te rus.

Lukas 19 vers 10: Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.

Ons gaan uit om die evangelie aan soveel moontlik mense in Gees en Waarheid te verkondig sodat elkeen 'n keuse kan maak om Jesus as hulle Verlosser en Saligmaker aan te neem en Sy liefde en groot genade te ervaar. Ons bedien op straat, by skole, hospitale, polisie, kerke, swart woonbuurte en hul kerke, manne-groepe en kampe - oral waar die Here ons lei.

Tot dusver het ons die voorreg gehad om met meer as 10 000 mense oor Jesus te gesels en 6 737 te lei om Jesus aan te neem as hulle verlosser en Saligmaker deur die kragvolle werking van Sy Heilige Gees. Ingevolge Romeine 10 vers 9 het hulle Jesus met hulle monde bely en glo hulle in hulle harte dat God ons Vader Hom uit die dood opgewek het. Rom 14:11 "voor My sal elke knie buig, en elke tong bely dat Ek God is."

Ons sien daagliks hoe sleg dinge daar buite in die sake-wêreld, strate en mense se huise gaan. Die wêreld is stukkend daar buite. Op die pad waar ons beweeg is dit stukkende families wat hierdie wêreld stukkend maak.

WWJD Ministry identifiseer tekorte en koppel verlorenes en behoeftiges met Welsyns- organisasies.
Ons staan in verhouding met organisasies soos AOB, SA Polisiediens, MES, Jerusalem Ministries, Central for Jesus, Pleegouers, verskeie voedingskemas en manne-groepe in Port Elizabeth.

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak: brendonslabbert@outlook.com 082 324 3662 christelleslabbert@live.co.za 082 324 4111


Antoni

Toe Antoni 6 maande oud was, is hy in die hospitaal opgeneem en 5 maande lank vir breinvliesontsteking behandel. Hy het breinskade opgedoen as gevolg van vog op die brein en die dokters het hom blind verklaar. Sy ma het hom net daar in die hospitaal sonder enige klere gelos. Antoni is deur 'n buis gevoer en die dokters en hospitaal-personeel het hom 6 weke gegee om te leef. Dis waar Kim en Jaun Taljaard hulle klein wonderwerkie gekry het. Met baie gebed en genade het Antoni al 'n lewensveranderende operasie ondergaan en dit oorleef. Sy sig het ook hierdie afgelope jaar baie verbeter - soveel so dat hy hulle met sy oë volg wanneer hulle naby hom beweeg asook die bewegings op TV.

Na 6 maande se tydelike pleegsorg het Kim en Jaun aansoek gedoen vir permanente pleegsorg en Antoni is permanent in hulle sorg geplaas. Hy gaan binne-kort sy eerste rolstoel kry en sodra die tyd reg is, gaan hy Aurora Skool toe. Antoni het in Julie 2016 sy 2de verjaarsdag gevier! Alle eer aan God vir Sy groot genade oor hierdie klein mensie en sy wonderike gesin.

Kraggakamma Getuienisaksie, WWJD, het die voorreg om betrokke en behulpsaam te wees by die plasing van kindertjies in tydelike en/of permanente pleegsorg. Dis lekker om te sien hoe hierdie klein seuntjie positief reageer op die warmte en liefde van Jesus. Ons hou u graag op hoogte van sy groei en ontwikkeling.

Indien u betrokke wil raak buite die vier mure van die kerkgebou en help met aksies om ander te motiveer, bemoedig en toe te rus, skakel ons gerus by WWJD:

brendonslabbert@outlook.com 0823243662

christelleslabbert@live.co.za 0823244111



† Na Bo †
© 2009-2025 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.